

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 February 2009
Na verneem word het ‘n 43-jarige vrou van Levubu behandeling op Louis Trichardt ontvang vir moontlike cholera.
Die geval is aangemeld nadat die persoon aan watersport by die Albasinidam en ander damme in die omgewing deelgeneem het, lui ‘n verklaring van TLU SA Noord.
Mnr. Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord het die Departement van Gesondheid en ook die Departement van Waterwese en Bosbou gevra om dringend toetse op die opgaardamme in die Vhembe-distrik te doen om vas te stel of daar wel cholera besmetting voorkom.
By Mara, naby Vivo, is aangemeld dat ses plaaswerkers vir moontlike cholerabesmetting behandel is.
“Dit is jammer dat cholera so ‘n omvang aanneem, aangesien die siekte voorkombaar en behandelbaar is,” het Viljoen gesê. Die epidemie plaas die landbousektor nog verder onder druk, aangesien werkers cholera kan opdoen.
By Kutama, wes van Louis Trichardt, het die dodetal as gevolg van cholera-verwante siektes reeds volgens inligting die 25 kerf oorskry. ‘n Gesondheidsentrum is by Tshilwavhusiko opgerig as teenvoeter vir die cholera uitbraak.
Elke gemeenskapslid behoort teen hierdie tyd al te vra wat cholera is en hoe dit voorkom kan word. Cholera word gekenmerk deur akute diarree en braking wat veroorsaak word deur die bakterie Vibrio Cholerae, wat die ingewande aantas. As die persoon ernstig geïnfekteer is en nie behandel word nie, kan die dood binne ‘n paar uur intree.
Cholera kan opgedoen word wanneer ‘n persoon water drink of voedsel eet wat met die bakterie besmet is. Volgens ‘n gesondheidswebtuiste is die bron van die besmetting in ‘n epidemie gewoonlik die ontlasting van ‘n besmette persoon. Die siekte versprei nie direk van een persoon na ‘n ander nie, maar versprei vinnig in areas waar onvoldoende riool- en watervoorsiening is. Slegs water wat gekook of behandel is, moet gedrink word. Eet kos wat behoorlik gekook en nog warm is en vrugte wat deur ‘n veilige persoon afgeskil is. Die basiese reëls van higiëne moet te alle tye nagekom word. Cholerapasiënte moet onmiddellik behandel word en rehidrasie ontvang.
Werknemers kan ook opleiding ontvang in basiese higiëne. Die landbou-unie, in samewerking met AgriSETA en Skills for Africa, stel opleiding beskikbaar. Inligting is by die Streekkantoor van TLU SA Noord beskikbaar.
Die cholerasyfers word dikwels onder-gerapporteer. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het berig dat daar dikwels tien maal meer cholera gevalle is as wat deur amptelike syfers aangegee word. Op Dinsdag (3de) het die nasionale nuusmedia berig dat nog vier cholera sterftes in Limpopo aangemeld is. Dit sou dan die amptelik sterftesyfer in die provinsie tot 20 of meer kon opstoot. Daar word algemeen aanvaar dat dié syfer ver onder die werklike syfer is, aangesien die sterftesyfer net in die Kutama-area meer is as die syfer vir die hele provinsie.
Die amptelike syfer vir bevestigde cholera gevalle in Limpopo het verlede week al tot 3 202 geklim, vanaf 1 802 gevalle op 14 Januarie, soos aangegee deur mnr. Phuti Seloba van die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Ont-wikkeling.
Intussen het die getal choleragevalle in die buurland, Zimbabwe, tot vlakby die 65 000 gestyg en op 3 Februarie het 3 295 van hulle het reeds gesterf, sê die WGO op www.news24.com.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
